FeedIndex

WORKING ON A NEW ALBUM



It’s been exactly half a decade since the Jakkals, the Leeu and the Perske emerged from Pretoria’s underworld to form Bittereinder. During a very productive five years they have not only become South Africa’s token “nominated-but-rarely-winning” band at awards ceremonies, but have produced two studio albums with 20 collaborators, released eight official music videos and amassed a solid live reputation playing at festivals in four countries. All this award-losing and live performing has made Bittereinder tired and thirsty, and they have chosen, honourably, to retreat into their laboratory to invent a new album. Expect Bittereinder’s 3rd album before the end of 2014.

In the meantime, here’s Bittereinder’s newest video for Kulkuns (feat. Chris Chameleon):

Both previous albums are available on iTunes:

‘n Ware Verhaal (2010)
DIE DINKDANSMASJIEN (2012)

For bookings please contact info(at)bittereinder.com
JAKKALS TROU 2014 REMIX music video



Jakkals Trou is about contrasts and paradoxes. It’s about glowing in the dark. This video is made for the (unreleased) 2014 remix of the song. The original version can be found on our 2nd album, DIE DINKDANSMASJIEN.

SLEGTE MENSE 2014 REMIX music video



Slegte Mense is a 2014 remix of both the original track and video. Rotterdam’s Tim Beumers sounds dope over any beat. This is still the first Afrikaans-Dutch rap colab ever.
GIG POSTERS

/ (1 of 1)


All Bittereinder’s graphics and visuals are made by Louis Minnaar. Here are some of our favourite gig flyers from Bittereinder’s past four years of live performances.

www.louisminnaar.com
MUSIC VIDEOS



Kwaad Naas features iconic indie frontman Shane Durrant (from Desmond & the Tutus) and is a playful commentary on pronunciation and the age-old rivalry between Afrikaans and English. The song was selected as one of 5FM's Top 100 songs of 2013 after peaking at #3 on the Top 40 chart, and Louis Minnaar's video was nominated for a 2014 MK Award in the category Best Video.



Kulkuns is a magical collaboration with that cunning linguist Chris Chameleon. It’s a song about love, deceit, clichés and disillusionment. Louis Minnaar’s video for the song captures the contrasting tones of love’s chemical magic and horrible shallowness.



Die Dinkdansmasjien is the 2nd single and title track from Bittereinder's 2nd album. The video is a collage of live footage from Bittereinder's first 2 years of performing.



Slechte Mensen is the third single from Bittereinder's debut album, and is also the first Afrikaans-Dutch rap collaboration ever, featuring Rotterdam's Tim Beumers.



Die Slagting is Bittereinder’s second collaboration with Dutch rapper Tim Beumers (the first being “Slechte Mensen”, which was also the first Afrikaans-Dutch rap collaboration ever). The video, made by Louis Minnaar, premiered on Rolling Stone and MTV, and depicts clashing themes of violence and beauty.



Solidariteit's video was made from footage shot at a few live shows and on a 2011 Bittereinder tour of the Netherlands. The song was the 4th single off Bittereinder's debut album 'n Ware Verhaal.



Ware Verhaal is Bittereinder's first ever single and video, released end 2010. The video, directed by Louis Minnaar, was nominated for a Tempo Award in 2011 in the category Best Alternative Video.



A Tale of Three Cities features stalwart South African rappers Tumi Molekane and Jack Parow, and has become something of a cult song among people who have lived in Pretoria, Johannesburg and Cape Town.
DIE DINKDANSMASJIEN LIRIEKE (2012)



Alle lirieke deur Jaco van der Merwe, behalwe waar anders aangedui.

1. DIE WOUD

“ons is die groen
ons is die hout
ons is die ogies
ons is die woud
ons is die takkies
‘jy weet mos, jy weet mos’
ons is die stilte
ons is die bos”

ek volg ‘n skoenlapper tussen die bome deur
en die houtkappers kan op hul byle sweer
hulle’t jou gesien tussen die stamme sweef
met ‘n rytjie blomme in jou skaduwee geweef
en die ruigte wat buig om jou enkels te soen
en stemmetjies wat fluister van elke seisoen
en groen en dors en water en slange
en ‘n menigte blare wat vloei van jou wange
en so groei my verlange om jou self te ontmoet
met die afdruk van God en Sy asem in jou bloed
en ek waag self die diepte agter die skoenlapper aan
dit is asof sy vlerke my gedagtes verstaan
hulle moedig my aan en my hart klop nou vinnig
die blaredak word digter en ek wonder oor die sonlig
wat nou so bietjie melkerig die paadjies laat verdwyn
en uit die hoeke van my oë tussen die groen en die bruin
vermenigvuldig die bewegings van diertjies wat my afloer
my voetstappe wat eggo teen die stamme en die bosvloer
klink skielik nie alleen nie maar ek kyk liewers voor my
en druk deur die bos se arms, hoeveel kan daar nog oorbly?
dis asof my hardloop nou stoom kry maar die bome word al digter
ek byt vas deur die skrape, die tuimel en die splinters
bollemakiesie myself flenters maar ek staan elke keer op
grond tussen my tande en die bos is in my kop
ons loop kringe in mekaar, ons ontmoeting om die hoek
die spasies word al kleiner, ek word deur jou wortels ingekoek
en nou soek ek die hart van die woud en sy lewe
ek hoor al hoe klop dit soos die grond begin bewe
‘n stewige dreun groei in die kreunende bome
en stemme wat vibreer soos lewende drome
en in ‘n oomblik is ek skielik in ‘n oopte op my eie
met die sagste groen gras van die mooiste valleie
in ‘n sirkel omsingel deur ‘n kring van stamme
en in die middel dans ‘n dwarrelwind van blaartjies soos vlamme
en die wind begin sing soos instrumente wat praat
en die blare styg al hoër in die vorm van ‘n ruggraat
klippies wat ‘n gesig maak...verbeel ek my?
skielik hoor ek my eie stem: “wie is jy?”

“ons is die groen
ons is die hout
ons is die oë
ons is die woud
ons is die takke
‘jy weet mos, jy weet mos’
ons is die stilte
ons is die bos”


2. KWAAD NAAS (met Shane Durrant)

B, I to the double T, E-R
to the E, I, N, D, E-R
now that you know just who we are
get your hands up, lekker deurmekaar

as jy Engels kan praat, sit jou hand in die lug
o flip, daar’s niemand, ons verbrand nou ‘n brug
nee man, ek terg, ek’s heeltemal tweetalig
I klap that rooitaal like ‘n rondomtalie
I’m a proper Valie, brand pienk by die see
Boys High war cries and friends who live on beer
ek skree vir Sundowns, the sky’s the limit
80 vir Engels in matriek, flippin legitimate
en dit was first language pappie, ek lees T.S. Eliot
jakkals prys sy eie stert, daai ou’s maar ‘n idiot
ma’ is dit nie wat alle rappers tog doen nie?
hulle floss soos Oral B, self-centred monotony
nothin’ new, nothin’ new, y’all ain’t sayin’ nothin’ new
jy luister 50 sent, ek pomp Black Star en The Roots crew
ek’s old school, soos Guru, maar ek bly in fokus
‘cos we don’t live for hip-hop, it lives for us

one two free, kyk hoe lag daai soutie
he’s laughing at your accent, verging on gloating
dit is tog funny as ‘n boer Engels praat met ‘n pommie
maar vir my is daar ‘n hele nuwe tipe comedy
wat ek graag wil uitwys met my homey, Shane
het jy al ooit gehoor hoe Engelsmanne Afrikaans verklein?

Shane Durrant:

I'm so F-L-double-A
op die M-double-A-A-A-A-C
en dis hoekom die meisies
hulle kan nie vat nie hulle ogies off me
I grew up in the Moot
but my Afrikaans is limited to net ‘n paar woorde
I skop the track dood
en dis hoekom my rap naam is Kwaad Naas Botha


3. JAKKALS TROU

ja-nee
ek like hierdie beat kwaai, maar ek’s nie kwaad vir jou nie
jou hele lewe is net nie ‘n musiekvideo nie...

homey, die son skyn nie nou nie, bere jou mangkungku
want dis duidelik dat jy wil byt maar jy kan nie kou nie
jy’s nie besig met ‘n show nie, gooi ma’ weg jou spieëltjie
want jy is net nie daai ou nie, die hele ding is flippin phoney
ek’s nie hier om te moan nie, ek’s ma’ net lief vir ironie (ha!)
ons almal “jaag ons drome” maar ons leef nie in die “nou” nie
al die byters wat nie kou nie, en al die bouers wat nie bou nie
hoe langer jy nou wegkruip hoe meer gaan niemand van jou hou nie
wat ons tog moet soek is die egte teenoorgestelde
meet goed aan hul vrugte en herdink bietjie jou helde
daar was nog net een Mens wat geleef het sonder foute
voel hoe wil daai sondebokke orals oor ons klouter
dis die ding wat my uitsit, hoe ons almal altyd blameshift
ons kla mekaar maar aan tot die hoop leuens ons almal uitwis
hoe kan dit ooit eindig? want ons almal is tog skuldig
ek’s verplig om te dig oor vergifnis se bevryding

jakkals trou met wolf se vrou
die druppels word diamante in die sonlig se omvou
soek altyd die ligbreek tussen die wolke
hoe kan jy die lig meet sonder die donker?

ek veg vir ‘n balans en dis in kontras wat ek mening soek
dis oorlog wat ek voer in elke hoek van my verbeeldingsboek
dis veels te vroeg vir lelik spoeg en eintlik is ek redelik moeg
om vas te kyk teen elke muur waarteen ek ewig swoeg
ek vind my lig in die middel van die nag
en dit wil begin klink soos die laaste slag, en
sommer so tussen onderstebo-ritme
word ek ‘n leier in ‘n dans vol dowe mense
‘n nasie kry altyd leiers wat sy verdien
mense wat ‘n spieëlbeeld is van wat die hart kan sien
daar’s ‘n baie groter prentjie maar ons gedagtes is so klein
dis die wêreld se mooiste liedjie maar ek ken skaars die refrein
herskep dit oor en weer met bloed en yster en ‘n taal
en in daai skaduwee brand Suid-Afrika
dis verspot hoe ons regeer word deur vrees
wees tevrede met jou lot want dit kan altyd erger wees


4. DIE DINKDANSMASJIEN

sluk ek al die bitter in ‘n bitsige ontwikkeling wat sukkel om die vinger in my gesig te verklaar
ek wil myself verdedig teen die stewige beledigings en deeglik nou die bewings van die storm laat bedaar, maar
steek ek self ‘n vinger uit, wys dit altyd terug na my, dis eintlik net myself met wie ek eindeloos baklei
vyf vingers in ‘n vuis, ek hou daai stry nou stywer as ‘n minnaar teen ‘n lyf, my lewe soos ‘n eenbedryf
so kort soos een asem, die tydmors is waansin, dis verbasend hoe vinnig ek kan gaan van nul tot rasend
vat dit als persoonlik en ek bogger elke oomblik op want moontlik is die woorde selfs nog groter as my kop

pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond...
pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond...

dink! dans! dink!
vergeet maar van balans!
dink! dans! dink! dans!
dis veels te Afrikaans!

die pols kom nog duidelik, flippin onvermydelik, en ek sê vir niemand jammer vir die Woord wat in my is
ek rap vir die eer van eerlik wees, elke lyn soos die pyn van ‘n geweer teen jou neus
ek weet dis als te hectic, maar ek skryf wat ek sien, bittereinder vat jou orals soos ‘n dink-en-dans-masjien
so spring met jou brein, sing die refrein, drink en verdwyn, dink oor jou pyn,
blink in die sonskyn, bring jou eie wyn, piekniek in jou tuin, sink, dis verby

pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond...
pop soos ‘n ballon, skop vas teen die grond, hip-hop is in my mond, stop vir ‘n sekond...

dink! dans! dink! dans!
vergeet maar van balans!
dink! dans! dink! dans! dink! dans!
dis veels te Afrikaans!

rap-en-rol nou pappie want dis diep-hop hierdie, ‘n knie-skop liedjie, kyk jy wieg tog ‘n bietjie
dis nie dubstep nie, maar mens kan dans op ‘n flikkerlig, nie deel van ‘n trend nie nou’s die tieners maar skrikkerig
maar ons brand met ‘n lig wat vir eeue al skyn, en ons weet jy gaan ons nooi vir daai piekniek in jou tuin
vra vir Arcade Fire: “oh, we used to wait...” nou skree my stem die hardste: “sing weer die refrein!”
hou op om ons te verveel, speel daai ander deel weer, ek’s lus vir saamskree, o, maak tog my keel seer
speel hom meer as twee keer, ‘seblief ‘seblief meneer, weer, weer, weer, weer, weer, weer, weer!

dink! dans! dink! dans! dink! dans!
vergeet maar van balans!
dink! dans! dink! dans! dink! dans!
dis veels te Afrikaans!

so vorm jou opinies en deel dit tog met ons, man
ons skryf vir al die tannies voor die kassie en die jongspan
oupas wat ons taal praat, tieners met ‘n ruggraat
die sieners in die suburbs en die sinieses wat ons haat


5. KULKUNS (met Chris Chameleon)

dis kulkuns, meisie, hy’s ‘n woordesmous
hy lag nou in sy mou in terwyl hy jou hart wegflous

ek’t ‘n seemonster verdrink en hom laat sink in ‘n tsunami
in die kloosters van die Ooste het ek geleer van origami
in die Russiese winter het ek met wolwe gestoei
met my rewolwer het ek al 22 cowboys laat bloei
ek was ‘n sluipmoordenaar in Suid-Amerika in die tagtigs
en ‘n slipdraer by Fyodor Dostoevsky se begrafnis
ek’t al liedjies gesing saam met Chris Chameleon
en in Holland langs die see van ‘n toring afgespring
ek het meerminne bemin in Skandinawiese waters
en in Granada gedraai met die fraai Flamenco dansers
in Kanada se baaie het ek salm met die palm gevang
en groot sesse gemoer van Muralitharan met een hand
in Nieu Seeland se reënwoud het ek Kiwi’s gejag
en ek het al grappies gemaak wat Corné en Twakkie laat lag
maar na al my avonture moet ek nou doodeerlik sê
jy’s mooier as dit alles, dis vir jou wat ek wil hê

ai, meisiekind, as jy maar net vir jouself kon dink
die man se woorde het minder inhoud as die wind
hy rek sy bek, maar hy’s net ‘n wolf wat verslind
hy sit sy hoed so eenkant toe, maar eieroem stink

Chris Chameleon:

jy is die begin van alles sedert die einde van my vorige bestaan
wat nou oneindig ver weg voel sedert die dag wat jy aan die tralies van my hart kom raak het
dis nie regtig my styl nie my maar ek voel my onteenseglik genoop om jou te besing
met my hele wese te bemin en as ek mag te be-tas
en ek sal jou nooit laat gaan nie as ek jou net eers vas kan hou
want ek weet nou hoekom ek hier geplaas is
in ‘n wêreld waar alles net ‘n geroesemoes en ‘n geraas is
sodat my lot met joune verstrengel kon raak
en dit alles oplaas vir die eerste keer sin kon maak
een volledige geheel twee lewens word een
saam teen die wêreld daarbuite...watter wêreld?
daar is geen ander wêreld nie, net die een waarin ek my met jou bevind
ek sien en ek hoor en ek weet van geen ander nie
en niemand en niks kan dit ooit verander nie
want dis net jy en ek en ek en jy


6. BLIKSEM (met Freddie Bruno en HemelBesem)

ek klits fluks met kletsrym en bliksem jou brein in
woordlitte wat flikker in skitterende verskyning
ek verpletter jou heinings met ontsmetting in letters
dit is ontsettend: die wêreld word heeltyd vetter en vetter!
ons eet mos van beter kniediep in kitskos se kloue
moerbaie moue vol apies ingevou in geboue
terwyl die koue van oorlewing ons net so liggies laat ruk!
sluk hard en raakmik met ‘n ritmiese snik-snik
en ek ken al so stuk-stuk die aarde se padkaart
hoe dit vloei in die are van elke aaklige slaggat
en ons almal ken die mandaat: breek elke ruggraat
en gryp wat jy kan voordat dit laat in jou tydlyn raak
daai braaksel lyk mos smaaklik as jy hondhonger is
dis ‘n daaglikse herhaling van die wonde en die wellus
en so val ons beskawing van onbeskaafde barbare
wat heeltyd pluk aan die gare van die aarde se soom
dit was ‘n waardige droom en ons waardeer nou ons beloning:
‘n woning in ‘n Babilonse toring en ‘n koning
wat ‘n dowe oor draai behalwe as jy jou knie buig
ek styg op soos ‘n vliegtuig om my mense diep te oortuig
ons kort ‘n tiende sintuig want die kettings is werklik
die ratte wat nog sleg is se beperkings gaan moet regruk
ek’s ernstig, ek voel dit, die masjien wil dans
vanaand breek ons die vloer oop, dis dalk ons laaste kans

dit krul en leef en brul en beef, vra Jan F.E. Celliers
we fight with mics like lightning strikes that make you disappear

Freddie Bruno:

I'm over all these softcore rhymers who talk slick
hw they scrape bricks in bandanas and full clips
couldn't work the angles if your name was geometry
lightning strikes twice except for when you facing me
the name’s Fred Bizzy the witty and most intricate
type to plug in a mic and smack ya whole syndicate
with word play dazzling rhyme schemes my mind beams
with incredible light, success a pipe dream you'll never touch
not even your imagination could fathom this creative metaphor evaluation
ya heart will skip a beat and carry on with palpitations
I greet you in the cypher tip my hat like salutations
welcome to the end of the road ya system will fold
you all lip service perfect for the commode
perfect when I unload see how my mouth with explode
in the fast lane of life but ya momentum slowed
while I can idle in 6th gear eliminate fear when I'm working with this here
my walk is before me so I'm keepin it clear
if I can't claim ya head then son I'm takin ya ear

HemelBesem:

Hemelbesem is uber, spray net volts, wat super sayins halt
met ‘n zing en speed soos die van Usain Bolt
‘n rasende reus; ek ry nie een nie, ek dra my kar tot waar ek wil wees
mense is trots en respek, want ek staan voor ‘n rots en ek rap
as iemand gate in ‘n rots in wil hê
ek het nie fans nie, ek het fangs met ‘n ggg... aan die einde,
hulle’s biddend terwyl julle ggg… in julle sluimer
druk hulle gebit in jou gewrig in, en spyt gggg...gif in jou veins in
my swagger is daggers, dit maak die common volk dom
my bling bling is dit wat uit ‘n donderwolk kom
die bliksem is soos ‘n lang naald as jy kyk
dis asof God tssst… met sy hand in die aarde inspuit
die content het contempt vir dié wat God wil judge
as jou voet op daai spot staan, dan vrot dit af
so wees bereidwillig of jy’s in stukkies jy!
dis jou skuld as jou shield verander in ‘n blikkie spray
die aroma van dood wat dit spuit, “asem in!”
jou woord is ‘n swaard, maar dis stuck soos Arthur s’n
laat my sword aan jou bors vreet; maak van jou borsstuk ‘n borsbeeld
met hande bebloed en erns, ruk jou belt af dan staan jy met broek op enkels
my donderweer maak ‘n ommekeer in jou kop, I tell you
dit was ‘n riller vir julle wat van opstelle hou, vat ‘n trip bokveld toe
want vandag se jeug listen mos net stip vir sulke shock value


7. DIE SLAGTING (met Tim Beumers)

as ek self ‘n pop was sou ek popmusiek maak
met vuil vingers aan ou tannies se hartsnare raak
ek sou dronk pronk op backtracks in jou parkeerterrein
vir ure staar waar my foto’s verskyn
maar genoeg van dit, ek’s moerse lus om oor iets anders te gesels (wat!?)
soos poetse bak en voete krap en goeie geselskap
hoe was jou lewe toe daar nog nege planete was?
toe jy gevoel het jy kon nog glo in die inhoud van jou yskas?
nou’s dit net byt vas en uitwas en twyfel
ons dans om die lyne soos die feite ontrafel
spring op ‘n tafel en sing hoe jy voel
daai liedjie wat iets sê oor ‘n kerk en ‘n koeël
maar glo jy dit regtig? dit klink so verkeerd!
in elke opsig kry jy wat jy gee
nog voor dit gebeur, skree ons klaar met verwagting
dames en here, welkom by

die slagting
in die vuur: die manier hoe ons almal dink
jy mag sing
vir plesier: jy bestuur hoe die storie klink
verwagting
is so duur in die bier wat ons almal drink
die slagting
is nou hier: die manier hoe ons almal dink

Tim Beumers:

messcherp en mijn stem sterk
Breng mij een berg plet hem als dwerg
letterlijk verder ben niet beperkt
al wat niet werkt heb ik verpletterd
moeilijke tijden moest ik bevrijden
moet je begrijpen
niet droevig te krijgen
moeite met mij is moeite met feiten
de slagting, leg je ziel op een blok met een bijl in mijn hand en
katsjing een rivier op de grond wat een einde is dat
een kam we scheren een stand
geef me een hand ik neem een heel land
geef me geen nee ik vrees er geen 1
dus weet dat ik jullie 1 voor 1 slacht

so klim ek lekker stukkend in die derde vers in
‘n jakkals op ‘n reis met ‘n leeu en ‘n perske
deur gevaarlike waters in ‘n glasbodemskip
die land spoeg ons uit en die see wil ons insluk
mense wil partytjie en die beats moet hard ruk
ek dink hulle wou saamsing, maar hulle’t almal verstik
ons verander elke dansvloer in ‘n slagveld in
elke laaitie word ‘n held, elke meisie ‘n heldin
want in die ligte en die ritme maak jou lewe skielik sin
en so tussenin die woorde sien jy kans vir oorbegin
strek jou hande na die sterre as jy lief is vir musiek
plak jou palms op die beat want jou liefde’s spesifiek
voel die vlamme teen jou vel soos jy veilig verdwyn
ons word een met die storm, in die waarheid en die pyn
elke deel word oopgeruk deur vrees en seer
moenie bang wees om te bloei nie, dis net vlees wat skeur


8. REGSTREEKS: DIE DINKMASJIEN (met Toast Coetzer, Hunter Kennedy, Ilze Ontong, M.J. du Preez, Andries Bezuidenhout, Mavis Vermaak, Tom Gouws)

Toast Coetzer:

hierdie is ’n klein nota nou
kom regstreeks uit die voël se kou
meng jy sterlig met jou skaad
swem jy saans saam jou haat
uit jou oog en jou hart en jou mond
kom jou ma en jou pa en jou broer se kind
wyd oor die aarde saai jou smart
in die donkerland swem jou sein
regstreeks oor die wegmaak van
die mure die grafte die gragte tussen ons
graag pleister ons die toekoms heel
regstreeks oor die regmaak van
die man met die plan in die Ponte-toring
die vrou wat wou in die fyn van haar mou
lig julle koppe hou op met skrou
hoop op die paaie
hoop op die water
hoop

Jaco van der Merwe:

jy sal nooit weer hoef te baklei oor ‘n remote
of skaam te kry of trots te wees oor jou vyf voorname
wat in die baarde van jou swart en wit stamvaders
jou deur bloed en babadoop benader
genade, ons is vasgenael aan die kassie
soos spykers in ‘n kruis (elke huis het mos een)
ons passie word uitgesuig of verdrink soos die dopsisteem
stilletjies opgeneem maar luidkeels
word ons wydsbeen-wielie-walie-wawiele viral
daar wapper ‘n vierkleur irriterend op die skerm soos ‘n vlam
o nee, dis tandepasta wat als kan doen in een, mam!
maar meeste van die volk besit dan skaars een tand
sit jou vaderlandromanse eers eenkant, bewegings sonder weerstand
ons blink in die dof-lig en dink oor die redes hoekom ons pa’s in die hof sit
as ons deur die vrot en trots sif verander ons vonnis na belofte

Hunter Kennedy:

staan op
staan op
gaan gym
was jou
eet

werk toe
kyk goed
facebook
werk ‘n bietjie
eet
kyk goed
facebook
werk ‘n bietjie
goed

dis huis toe gaan tyd
en dit hang af waar jy bly
hoe lank dit jou gaan vat voor jy weer kan
eet
en goed kyk
en facebook
en slaap

herhaal
herhaal

Ilze Ontong:

In ‘n oogwink as jy mooi dink, spook die beelde by jou.
Haar kontoere vorm vloere, waar jou brein herkou.
Sou jy terugstaan by ‘n ligpaal en die waarheid sien.
Mag jy wonder oor die inhoud wat jy jouself mee bedien.

Sien ‘n prentjie van die mensies om ‘n vuurtjie sit,
Hul vertel stories van legendes, vandag noem ons dit bid.
So ‘n beeld vorm norms waar refleksie sou lê,
Waardes en waarheid in gebare wat wyse manne sou sê.

Is there disgrace in the foe of the power of one?
Dancing to freedom was exchanged with core battles of tongue.
Mr President is a synonym for the blaming game.
Bouncing ignorance, feed the system with more hunger pains.

Truth is lacking yet we’re stacking in front of television sets.
Maar change die channel want ek kyknet sodat ek saam kan klets.
Onthou jy die kringe in ‘n bos, waar vuur die middelpunt was?
Boek met bladsy, staan opsy; Boks met beeld draai mens in haar as.

M.J. du Preez:

Ag ekskuus meneer, ag teken my petisie.
Ekskuus meneer, het u dalk tyd vir 'n revolusie?
Ek ly aan 'n illusie oor my mede mense se evolusie
want ek het my eie visie maar ek’s besig om my te vervies hier.

Ekskuus meneer, dink u nie ook dis sies hier?
Liewe Meneer, al wat ek na drang is 'n bietjie rusie!
Ek kan rêrig nie glo dat u nie my kant wil kies nie.
Al wat ek rêrig kort is 'n klein bietjie publisi...

Tyd om te go! Genoeg ou, ek’s moeg nou.
Ek verstaan jy wroeg gou, maar jou ou vlag vlieg flou.
Ekskuus bro. Dude, wees verseker, as jy nie die regering vertrou,
wil jy hulle verseker nie met die doodstraf aanskou.

Uh, maar...meneer!

Hou op met al julle komberse, hou op met al julle brood.
Minder mense, minder gaan dan dood.
Wees die verskil wat jy in die samelewing wil sien
so hang jouself as jy weet dis wat jy verdien.

Andries Bezuidenhout:

Die Grootrivier is elders groot,
hier’s dit bloot ʼn sloot met gal
wat skrik tot slik en dan
winterkoud die grond in syg.

Iewers brand boeke in ʼn biblioteek,
rook wat eenbeen regop staan
dan deur wind geamputeer
en wegbloei uit my truspieëlraam.

Iemand soebat in Frans en Lingala,
maar ʼn buiteband word aangesteek.
Koppe is die doppe van die omelette
wat moet breek om die storie te wreek.

Hou die landskap wat na agter verdwyn
vir net nog ʼn ruk in kwarantyn
Dit het meer as winter onderlede
en is siek siek siek, siek siek siek

Mavis Vermaak:

Vergeet, vergeet van ‘n revolusie
Op facebook, twitter of jou televisie

Die revolusie krap in asblikke
Die revolusie vra R2
Die revolusie wil jou venster was
Dit is vuil en dit snuffel langs snelweë
Dis alleen en dis swanger op twaalf
Die revolusie stort ineen op die golfbaan
Dit hou jou kos warm en dit wag

Vergeet, vergeet van die revolusie
Op facebook, twitter of jou televisie

Dit brand soos ‘n droom, oneindig, onblusbaar
Dis ewig soos alles, dit reis deur die lug
Dis die sopkombuis van die kosmos
Dis die diepste sug wat daar is

Tom Gouws:

Die fusie van rewolusie
smelt tradisie en illusie.
Woorde word ons ammunisie,
kartetse van seer presisie.
My tongsambok blitsklits die taal –
gee die teken vir die vuurverhaal.
Rewolusie dwing die hek oop,
slaan rymend vensters met 'n vuis.
Op asem se kragveldkontoere
dreunsing boer, pandoer en hoer.
Die fusie van rewolusie
staan op my pa se stoep en roep:
Maak oop jou hart maak oop jou deur.
laat my binnekom, laat my bly.


9. HARTKLOP: DIE DANSMASJIEN

ons sit die “hart” in “hartklop”
ons sit die “klop” in “hartklop”
en nou gaan ons vir jou hard klop

ek is die masjien
jy is die masjien
die masjien is moeg gedink
die masjien wil dans


10. HOUVAS


ek ken die seer van ou passie, ek het nie meer ‘n houvas nie
dit glip tussen my vingers en die ink is net ‘n reaksie
in stories van die mensdom, die glorieryke dom mens
die lyke op die slagveld en die duiwel met sy vol pens
ek struikel oor my hol wens en huil oor die leemte
aan die gatkant van die wêreld lê my rympies se verlede
veels te swaar vir my gewete, hou my wakker op die snelweg
in die nag en as dit reën en in die oop mond van die hel
dis sleg om alles te onthou as mens net elke keer die merk mis
die rondsit en die niksdoen maak my sommer nou vir werk lus
ek’s perdfris, tog glad nie, my woorde sit soos gom vas
die konteks wil my versmoor en ek verbrand soos ‘n dompas
die kompas van duister is geyk en vervelig
en ek giggel oor die rockstars wat nie leer van die verlede nie
patrone sou selfs snaaks wees as dit nie so blerrie hartseer was nie
tieners kots al harder want ons het nie meer ‘n houvas nie

ek moet glo dis moontlik
selfsal voel dit of ek te hoog mik
slag die prins wat op daai troon sit
ons moet glo dis moontlik

ek wil van liefde en koue water leef, blydskap deur die donker weef
‘n rustigheid ten midde van die oorlogshart beleef
maar ‘n gewapende vrede trek nou verdraagsaam my bene en dis ‘n
rigting wat ek eerlik vrees ek glad nie kan oorleef nie
en ek glimlag met my slagtande, want vriendelikheid kos niks nie
die illusies van my goedheid stort nou neer as ware fiksie
ek’s ‘n dier wat bloed geproe het, en my instink is getrou
ek sien my vyand en sy slagaar is die diepste blou
daar’s gedeeltes van myself wat heeltyd sterf in die onweer
maar die wapens wat my opkerf is tog saggeaard en teer
en ek grou vir selfbeheersing en ‘n houvas in die stryd, want
net tyd kan getuig van die soetheid van die vrye man
‘n WARE VERHAAL LIRIEKE (2010)



Alle lirieke deur Jaco van der Merwe, behalwe waar anders aangedui.

2. WARE VERHAAL

sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal
sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

so spoeg ek my hartjie uit in netjiese rytjies
rympies wat seer en heel maak soos ‘n chirurg se snytjies
jy kies wat jy lief is voor so tussen die lyntjies
ek lê al lank genoeg in my Matrix-pypies
miskien te ongeduldig om te begin met die basics
maar nou neem ek te veel te vinnig in soos roomys en breinvries
stilletjies bekruip ek hierdie onbekende grond
met my woordeskat en ritme soos ‘n geweer en ‘n waghond
julle almal donner rond in julle veilige kastele
terwyl ek buite in die skadu’s in die strate van jul stede
die verlede en die toekoms in die straatligte soek
ek luister na die fluister van geheime in elke hoek
dit is nie so donker as wat dit van ver af lyk nie
daar is harte wat verstaan as jy nie woorde gebruik nie
die leemte roep nou hard, en ek kan sweer die tyd is hier
ek is ‘n kind van die warrelwind se middelpunt van vuur

sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die ritmes in ons bloed wat ons lewens bepaal
sê tog die musiek beteken nog iets
as hierdie ding so erg gebreek is, sal ons dit ooit kan fix?
ek soek al vir jare na die ware verhaal
die openbaring in die waarde van my eie moedertaal

die redes hoekom ons saamdrom lê in lyne van persepsie
maar die voorstel van skoonspel is nog altyd buite die kwessie
die bloed en die trane op ons sitkamerstelle
pas mos mooi met die muurverf so onder die sterre
flippit, ek’s moeg van gebrek en gevlek en die stilte
soos wapens wat sorg dat ons instort van binne
en skud in die koue van versmoorde drome
in ons kinders wat ons namaak is die donkerte volkome
o ja, ons kan raas, met woorde vol rooiwyn
maar kyk hoe verdwyn ons harte agter daai toertjiegordyn
soos ‘n kinderpartytjie wat wit hasies laat verskyn
behalwe dis grootmense wat nog lekker speel hier agter in die tuin
gooi maar nog ‘n glasie dat ons almal kan vergeet
van die sweet en die grond en hoe ons ons eie stront eet
of weet ons van beter? kan iemand nog onthou
waar die terugveg begin en die apatie ophou?


3. ALMANAK

tel’it op julle vingers, kinders,
vinnig, vinnig, binne sulke
tydlynseine verdwyn sekondes
maande, planne, lande, lewens

ek’s weer spyt, maar dis verby, uitgevee soos bordkryt
ek probeer tel agteruit, maar ek’s altyd ‘n paar vingers kwyt
elke oomblik is besig om die verlede te word
net soos alles netjies is moet ek dit weer begin uitsort
hoe ouer ek word hoe vinniger vlieg die jaartjies, ai
dit het seker maar te doen met die verkleinende persentasie
van elke dag in verhouding met die res van my lewe
as ek te lank daaroor dink begin die vloerplanke bewe
ek koop die tyd uit, omdat die dae boos is
gee elke sent wat ek gespaar het vir ‘n weermag van horlosies

nou kan ek nie meer slaap nie, ek probeer die tyd verdryf
maar ek is magteloos in ‘n siklus, want net tyd kan dit uitwys
daar is ‘n tyd van kom en ‘n tyd van gaan
party dae verstaan ek dit, maar meeste dae is ek verslaan
staan maar weer op want ek leef op geleende tyd
plus wie nie pas op sy tyd is sy maaltyd kwyt
en voor ek my oë behoorlik kan vryf is die eerste vers verby

tel’it op julle vingers, kinders,
vinnig, vinnig, vinnig, vinnig

ek steel minute van die toekoms, steek hulle veilig in my sak
ek oorweeg nog ‘n ooreenkoms met die swart kruisies op my almanak
‘n plakboek van môre en elke bladsy is volgeplak
ek is tydloos en tydsaam, ‘n silwerskoon almanak
ek steel minute van die toekoms, steek hulle veilig in my sak
ek oorweeg nog ‘n ooreenkoms met die swart kruisies op my almanak
‘n plakboek van more en elke bladsy is volgeplak
ek is tydloos en tydelik, ‘n silwerskoon almanak

party sê tyd is fiksie, party sê dit is nie
maar ons is almal in ‘n manier vasgebind aan ‘n 24-uurgesiggie
trek jou eie kruisies en wees eerlik oor jou bangwees
die lang vrees van die laaste een is lankal in jou skaduwee
ek tel sekondes in die wonde van my tong se vuur
vrot van vergifnis in die stilte van my laaste uur
leef drie keer gelyktydig, en net een is op die aarde
my tweede vlees is deur my God in ‘n graf begrawe
my derde gees is lewendig alleenlik in die hemele
ek’s al drie in alle tye, altyd besig met die ewige
my tydlyn is ‘n kolletjie wat in tien dimensies uitstrek
my almanak word juis bepaal deur hoe ek die somme uitwerk
miskien praat ek nou in raaisels, miskien nie, hoe sou ek weet?
ek voel altyd ek moet gou maak voor ek alles al weer vergeet
ek leef al soveel jare soos die letters in ons alfabet
en as die boodskap van my lewe net uit een sin bestaan het:

koop die tyd uit, omdat die dae boos is


4. SOLIDARITEIT

speel hierdie snit aan die begin van elke jaar
as jy rede het vir trane dan verstaan ons mos mekaar
as jou konstante dieët bestaan uit sweet eet
dan kan jy konkreet weet ons skree saam soos ‘n kreet
ek ontleed maar net die eensaamheid van menswees alweer
met my een oog op die dinamiek van nog-‘n-keer probeer
en ek kon sweer ek het jou iewers in die donker al gesien
met jou mond oop soos ‘n tikmasjien, jou bloed vol nikotien
miskien herken jy my ook? sien my met jou toe oë
indien jy ook nie kan glo, verdien ons tog die antwoord
ek’s jammer julle maar daar kan net een antwoord wees
en ek belowe jou hy lê nie in daai onheilige gees nie
skree want ons wil stilte hê, tussen al die bottels lê
woorde wat jy nooit kon sê, skielik vind jy weer jou stem
sing net bietjie harder as die siele reg langs jou
in die refrein verskyn die sleutel wat ons saamstaan behou

jy is nie alleen nie
die aarde draai teen dieselfde spoed vir ons almal
hou maar net vas, een somer op ‘n slag

my ritme is stukkend, dis die einde van die jaar
ek dink oor al my vriende wat op die aardbol baljaar
die ding hou maar net aan draai met of sonder my lawaai
selfs al kon ek ophou lag vir Parow se gedagtes oor slaai
jy kan sommer raai ek sit by Lollipop en kyk Kerkstraat se verkeer
dit wil voorkom dis wat elke Desember met my gebeur
waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond
die tsotsi’s en polisie en ek op dieselfde grond
en seën en vervloeking kom uit dieselfde mond
en ek worstel met my land op die rand van die afgrond
ek is uitgeput deur afgesaagde uitdrukkings
reënboë en 3Talk en facebook-uitnodigings
maar ek is lief vir my stad en sy miljoene gesigte
plus dis amper weer tyd om nuwejaarsvoornemings te
maak met ‘n hart vol oorbeginnershoop
en ‘n nuwe waardeering vir die mense wat nog saam met my loop


5. DIE WAARSKUWING

na die tyd was daar mense wat gesê het dat hulle dit verwag het
hulle was nog kwaad en bitter oor al die mense wat vir hulle gelag het…

maar selfs ‘n doemprofeet kon hierdie skade nie voorspel nie
die hele aarde aan die brand soos ‘n voorsmaak van hel, die
vuur was onblusbaar, kontinente uitgewis
en mens moes mettertyd mooi soek vir tekens van die oorlewendes
asemhaal was onmoontlik tussen die vlamme van vertering
elke woud was vernietig, elke stad verwoes vir ewig
hele spesies het verdwyn in die eerste paar minute
die greep van die vuur het orals uitgesprei soos ‘n siekte
in die verte was ‘n berg met sy skouers in die wolke
en mensdom se oorblyfsels mik toe daarvoor in die donker
tussen die hittegolwe en die vlaktes van verwoesting
drom hulle toe saam soos miertjies uit elke rigting
en vind verligting teen die kranse en die skadu’s van die laaste berg
en vir die eerste keer besef hulle wat oorlewing hulle gaan verg
en hulle klim toe al hoe hoër om skoner suurstof te vind
uiteindelik op die bergpiek gewaar hulle ‘n vreemde Adamskind
wat alleen in die wind staan en oor die brandende aarde gluur
hy dra ‘n lang donker jas en in sy oë weerkaats die vuur
“hy’s een van daai vreemdes!” roep ‘n stem uit die skare
en met agterdogtige gedagtes begin hulle om hom vergader
“wat weet jy van die vuur?” begin hulle soos een stem fluister
“wat maak jou soort hier? ons dink dis tyd dat jy vir ons luister…
jy was nog nooit regtig welkom nie, jy en jou vreemdelingmense
ons vermoed nog altyd julle’t vir ons net die donkerste wense”
en waarlik, net soos die lus vir wraak ondraagbaar raak
sien hulle die bewys wat van alles net ‘n warrelwind maak:
in sy regterhand hou die vreemdeling ‘n vuurhoutjie wat nog rook!
en in ‘n woedende massa skreeu hulle saam soos ‘n doodskoor:

ons het probeer om jou te waarsku

die sirkel word al stywer soos die massa saamdrom
en hulle dors vir bloed raak net dieper hoe nader hulle aan hom kom
maar skielik maak die vreemde man sy mond oop en begin praat
en soos die oog van ‘n storm is dit asof alles net stil raak
en die woorde van sy storie weergalm die verte in
en die kalmte in sy stem vertel van lig en oorbegin
hy vertel hoe hy en sy mense nog altyd geweet het van die vuur
en hoe hulle vir jare probeer het om ons te help en om ons te waarsku
hy vertel van klein dorpies waar hulle hom in die modder gesleep het
en in die kroeë van die stede waar hulle hom met bierbottels gebreek het
en hoe niemand wou luister nie, en hy in die nagte net kon huil
en hoe hy vir een meisie in ‘n eetplek gesê het hy sou plekke met haar ruil
en sy’t hom aangeval voor almal en met haar vurk hom oopgesteek
en in haar oë het hy skielik verstaan hy sou ‘n ander plan moes kweek
hy en sy mense het toe vergader en na hierdie selfde berg kom kyk
dit het vir hulle begin om soos die enigste oplossing te lyk
en ons almal wat nou hier staan is die vrugte van daai plan
hulle’t ‘n kring van vuur begin met die vuurhoutjie in sy hand
en op die manier die vuur geblus in ‘n sirkel wat kon terugveg
‘n kring van vuur wat soos ‘n muur staan met sy arms om die berg
en net soos ons besef wat die vreemdes vir ons gegee het
sien ons skaduwees in die wolke waarmee die berg hom beklee het
en die vreemdeling begin self om in die lug op te dryf
en soos hy styg hoor ons stemme wat ons troos en ook dreig
en hulle sing nou ‘n lied wat ons herken in ‘n oomblik
en ons harte begin skud soos die woorde ons oopruk

ons het probeer om jou te waarsku


6. A TALE OF THREE CITIES (met Tumi Molekane en Jack Parow)

(012)

ek skryf hierdie rympie in Oktober terwyl my geboortestad pers is
vir elke boemmie op Kerkplein wat veilig onder sy kombers is
vir almal wat sonder werk is van Danville tot Waterkloof
tot Arkadia en almal wat goed weet van gewapende roof
ek skryf vir die mense wat piekniek hou by die Voortrekkermonument
en die karre op Voortrekkerstraat wat dice op vyftig sent
en vir Polly’s met sy king-size snoekertafelsessies
en vir die hippies en die cool kids elke naweek by Tings
ek skryf vir die Noorde se Cool Runnings en die Wonderboom
en ek skryf vir die ou Nile waar ons bands kon drome droom
vir ‘n godsdiens van blou bloed en die Bulle op Loftus
vir die Telkomtoring en vir Zeplins waar die Goths is
ek skryf vir Lollipop Roadhouse aan die oostekant van Kerkstraat
vir die Staatsteater en vir Sunnyside as dit donker raak
vir Esselenstraat in die tyd toe Stix nog bestaan het
vir dronk tieners in Burnett en prostitute in Beckett
ek skryf nou vir Players en vir Vaic se “9-ball skills”
en ek skryf vir TUKS FM waar Stav nog steeds eclectic is
vir UNISA en Fountains en die parkeerterrein van Menlyn
en vir almal wat hyg na asem in die verkeer op die N1
ek skryf vir die PTA News en vir die uitsig van die Uniegeboue
en vir Crossroads Coffeeshop waar mense inkom van die koue
vir die botaniese tuine en die Breytenbach-teater
ek skryf vir die dieretuin se golfkarretjies en Magnolia Dal se water
en ek skryf ook vir Boys High en Pro Arte Alphen Park
bittereinder moes ook skool toe gaan, ai, daai dae van lag en smart
soos ‘n hoëveldweerligstorm is hierdie stad in my ingebrand
Kerkorrel se Snor City, Pretoria in my hart

Tumi Molekane: (011)

City of Lights, where’s life’s minituarized
where the truths sit in disguise, so what you willing to eye? Fit in or die
the chill up the spine you feel, the silly headlines reveal
the thrill of denial is ill, it’s unreal, belief comes in appeal
the place of gold, the end of road for broken souls
the green light, go! for street smart folks before they go hard
the people that claim that we could remain speaking the same lingo
but still though, they are at odds, trying to even the plains
the big cribs, the small shacks, the street kids, the mall rats
the schemes that fall flat, the dreams for more cash, we live in that
white phobia, the big fences, the black moguls with the big Benz’s
the currency that cleansed this, subtle racism, mixed couples, race killings
big scuffles, hate lives between that “us and they” shit
New York of Africa, you saw the traveller, suit on for hustling
big apples, hawkers to the corner customers
that hustle that bustle that troublesome jungle
we juggle love, happiness, struggle, the city’s a puzzle
we take from the pieces that crumble and build something from it
take shifts in doubles and make cribs from the rubble
for the rich it’s bubbles, champagne and sparkle off the back of slave muscle
them grave tunnels that still claim thousands
the soccer, the cricket, the beautiful nights
that offer a reason for you to unite, the City of Lights

Jack Parow: (021)

check, dis die wyn op die voorstoep, dis my ma wat my inroep
dis die parties tot laat, dis die aande van oorvloed
dis die nag van die messe, dis Lance Klusener se sesse
Burger Fair is die beste, dis die brannewyn en sigarette
dis Greenmarket Square, dis die gat waar ek lê
dis die stad wat my wil hê, dis Sondagoggend ek’s pê
dis Morning Star se shebeen, dis fresh en dis clean
dis fun maar dis mean, dis die clubs, dis die scene
dis Shack, dis Assembly, dis deel van my memory
dis trance parties en hippie crack en die cool kinders by Wembley
dis my tas wat ek pak, dis Van Hunks se twak
dis my lot, dis my luck, dis ‘n stuk van my hart
dis Kanonkop se pad, dis my skoolhoof se lat
ek’s wit maar ek’s swart, dis puzzles bou op die mat
dis die milkshakes by U-burgers en my tannie se kombie
dis die leë bottels en die asbakkies vol blerrie stompies
dis Frannie en Wynand se Venture, dis Nekkies se tente
dis rondkrap vir sente, dis my pa se ou Venter
dis die beach parties by Onrus, dis fun as jy jonk is
dis beter as jy dronk is, dis heeldag net rondsit
dis Longstraat se bars, dis laat aande wat my scar
dis Coke en Jack Tar, ek’s verby en ek’s gaar
dis Stellenbosch op ‘n Woensdag, dis die mis wat ons toepak
dis die backdoor wat toeklap, dis my hand in my broeksak
dis die huis in Kloofstraat langs Kloofnek Superette
dis die pienk huis vol vriende wat my grootgemaak het
dis die Nico Malan, dis ‘n stem in die gang
dis om na my pa te verlang, ek’s braaf maar ek’s bang
dis die plek wat my bou en my maak, my nooit sal verlaat
my bloed en sweet op die straat, dis die goeie ou Kaap


7. WAKKERWORD (met Inge Beckmann)

somtyds is opstaan soos klippe kou
ek wil alles net binne hou, en stilletjies droom van jou
maar die wêreld verwag my, ek reageer altyd stiptelik
handskud en dadelik my gesigsuitdrukking verduidelik
heeltemal te huiwerig, maar spontaan soos ‘n bosbrand
bietjie aan die los kant, ek vind niks meer interessant nie
Afrikaners is plesierig, ek glo dit my lewe lank
‘n bloedlyn van stywe drank, klim hoër in die boontjierank…
sprokies wat skielik jou lewe is
jou hande is bewerig soos jy wieg in die ewewig
sing in die skemerlig en skree uit soos vonke
belig die spelonke met longe vol donker
vlermuisdrukkies en knipmesslukkies
oorleef tot die son jou weer opwarm in stukkies
leen my jou ore, en neem elke woord in
as jy die waarheid klaar ken, wil ek hoor hoe jy saam sing:

hierdie liedjie sal jou alles laat ver-
geet en dan word jy weer helder wakker
bitter in jou mond maak jou hart gesond
maak oop, word wakker

trapsuutjies, my omgewing omhels my
dis ‘n helse swerwery maar ek moet op die pols bly
iets wat soos lewe voel, ek jag inspirasie
se walmpies en oop spasies soos Popeye en spinasie
die roetinemasjiene wil my insluk en aflewer
maar ek spartel en skop soos ‘n spinnekop in hulle kele
ek wonder hoe gebeur dit dat hulle my selfoonnommer ken
en ek wonder of hulle weet dat ek klaar weet wie gaan wen
sewentig maal sewe, ek is bitter goed met vergewe
ek bliksem alles met liefde want ek gaan net een keer lewe
‘n teenoorgestelde gees rus in my kneukels se wit
dis die heiligste lig wat die kuns van oorlog daar sit
ek stap sing-sing die skaduwees in
oorlewing lyk belowend, ek asem in
en soos ‘n helder herinnering fluit hierdie deuntjie in my oor
om enigiets te hê moet jy alles verloor...sing die koor!


8. VOLEINDER (met Sev Statik)

ek het nie woorde nie, maar ek moet praat: my situasie is ingewikkeld
so kerf ek maar ‘n fyn lyn tussen vrye vloei en altyd sukkel
hart van ‘n digter met die mond van ‘n stomme man
en die sinne wat wel sin maak is gewoonlik heeltemal onbeplan
en ek voel hoe eet dit my op, soos ‘n drommer in ‘n rolstoel
my ligamente wil dit uitskop, maar ek kan die beats net in my kop voel
stoksielalleen in donker wolke propvol donderstorms
onder in die bodem van ‘n oseaan van ongevormde
woorde, niks help nie, my stembande is uitgeskree
my rympies almal uitgevee, ek leer daai les ‘n duisend keer:
ek’s niks nie, maar dis reg so, hoe vergeet ek dit die heeltyd?
ek’s nie die middel van die planeet nie, miskien lê ek te veel suid
ek kyk New York toe, hoor ‘n stem oor die water kom
dis ‘n stem wat God ken, ‘n suiwer stem wat duidelik praat oor Hom
en ek onthou in ‘n oomblik aan wie die woorde regtig behoort
die Begin en die Voleinder van elke noot, elke woord

vra die Begin
oor die Einde
in die stilte
sien jy

Sev Statik:

we took darkness out the mind when at first we declined
we thought we had the answers for the birth to search out light
and fight every day, went astray, never knew inch by inch we die away
far from the Lord’s voice, you can find me there
always looking over my shoulder, no choice to spare
drowning in my own colourful lies, cover my eyes, feeling alone
desperate times call for cries, broken wings in a perfect world
seeing a way of life, doing it right, we rolling dice
in the second’s time, we taking chances, big moves
a sucker for love, we going through some issues
so you can find me, a broken vessel of God
forgiven for every transgression I ever set apart
it’s a testimony for all ugly inside
a beautiful grace with nothing to hide


9. DIE SLANG & DIE AREND (met Richard Broeknsha)

(1. die slang)

ek slink in ‘n oogwink, voordat jy kan mooi dink, skaduwee se koning onder elke rots
skuil in die bodem, verdwyn in ‘n oomblik, die gesig van my oë blink met ‘n hart van trots
seil die woestyn in, onder elke heining, die eerste verleiding in my tong se vurk
elke dier kan ek insluk, die vuur van my gifpik, in die donkerste rigting gaan jy appels pluk
byt af en sluk, jou lugpyp stik, die indruk van my voorstelle is dodelik
die blote bewoording van my fluister betower elke oor wat dit hoor soos ‘n meesterstuk
nog geen skepsel ontmoet met ‘n bek of ‘n snoet wat genoeg moed bymekaar kan skraap
om die vuur in sy bloed te verander in ‘n vraag en sy woorde te spreek om my uit te daag

(2. die arend)

ek dans met die wind, ek’s die kranse se koning, ek maak dan my woning in die berg se sy
ek sweef deur die hoogtes, daar’s niks wat my oog mis, ek sien elke beweging in elke vallei
met my vlerke gesprei soos ‘n mantel wat wys dat die majesteit in my borskas rus
as enige dier ook kon opvaar tot hier sou hy dadelik kon sien waar die koningskap is
elke akkedis, elke dier en vis is verskriklik bewus my kloue is dodelik
en my snawel se krag waaroor geen dier kan lag, vir baie bloedige nagte verantwoordelik
my heerskappy strek in my vlerke se skadu en ek merk elke meter as my koninkryk
my hart is in oorvloed, my toekoms vol voorspoed, jy verstaan tog my hoogmoed as jy vir my kyk

(3. die konflik)

op ‘n onvermydelike dag vlieg die arend se gesag oor die presiese tak waar die slang lê en rus
en die arend se hart is geroer en verward oor die slang nie laat spat en oor hoe rustig hy is
“wie is jy?” roep die roofvoël, “jy lyk nogal hoopvol, dat as ek jou sou aanval, jy ‘n kans sou hê!”
“net ‘n kans?” lag die slang, “dink jy regtig ek is bang? ek’t al groter voëls gevang wat nou binne in my lê.”
“wel, ‘n arend is ek, dit verdien jou respek, al die krag in my nek het jou hele lyf nie!
ek dring aan op ‘n antwoord, jy praat met ‘n koning, ek herhaal nooit my woorde vir ‘n tydverdryf nie!”
die slang begin giggel soos die uitdaging hom prikkel en sy eie trots ontwikkel in die boomstam se mik
“ek is ‘n slang!” sê hy kil, “ek het die aarde in my wil, ek besit die hele spul, selfs vir jou ook.”
“wel, wel!” sê die arend, “jy’s ewe uitdagend! om jou te roof van jou asem gaan plesierig wees!”
hy sweef toe al hoe nader, en die diere vergader om hierdie kaskenade aan te kyk sonder vrees
die slang glimlag breed, met sy giftande gereed, net een byt en hy weet dat die arend sal sterf
die arend sien die grinnik en hy vlieg toe al hoe vinniger, hy haat daai gesig en hy gaan hom goed bederf
so storm hy wild in, die oomblik van konflik: die geveg begin in sy kloue se greep
die slang pik onmidellik en laat sy gif diep sink en vir ‘n oomblik dink hulle altwee hulle’t die ander een gebreek
want amper presies gelyk het die arend die slang gegryp en hom middeldeur gebyt met ‘n blitsige hap
maar altwee die “konings” kry hul trots se beloning in die volgende oomblik toe hulle spiere verslap
so dink jy maar self wat die sedeles is, in twee skedels wat blink soos die son hulle uitwis
hulle’t groot gepraat soos Ozymandias, en nou lê hulle langs hom in die sand en rus


10. PENWORSTEL

“ek weet waar ek is”...ego’s in die maag van ‘n walvis
dis ‘n mal twis in my binneste…weet ek wie ek is?
die vraag wat herhaal maar die woorde vorm hehaaldelik in ‘n ander taal
iemand anders se tong vorm die suurstof uit my longe
in klanke soos borrelende bloed wat nie myne is nie
nie heeltemal by en bewus nie: ek sluimer deur die suiwerste diefstal
‘n huiwerende geraamte sonder vlees, geïsoleer deur die vrees
rondom wie ek veronderstel is om te wees
dis diep, maar nie genoeg nie, soos ‘n soen met niks spoeg nie
vir lank het ek gedink geskiedenis forseer my om verleë te reageer
en ek beweer nog steeds daai diepste seer leer my van weer probeer
my oupagrootjie is in Ceylon oorlede, moontlik St. Helena
‘n romantiese prentjie van ‘n soldaat langs sy geweer
van sy familie weggeskeur, maar hoe kan ek ooit regtig verstaan wat gebeur het
eer die Vyf Swemmers se volharding en moed
maar verstaan ek hulle regtig al dra ek hulle bloed?
ek het my oupa se name, hy was ‘n dominee
sy kerk gelos, nie met apartheid saamgestem nie
en in my hart is hy ‘n held, op sy eie manier ‘n pad gekies van weerstand sonder geweld
en ek het rede om trots te wees, verstaan my nou mooi
maar as ek partykeer na my mense kyk wil ek dit alles net weggooi
wat het ons geword? ‘n horde verneukers wat kla en alles blameer behalwe onsself
miskien is die skuld regtig al te diep ingedelf, en ek weet ek is dieselfde
‘n skynheilige stem wat saamswem in die modder
maar goeie donner ek sien nie meer een positiewe gedagte hier onder nie
“blanke skaamte, jy weet nie wat jy doen, jy breek af aan alles wat ons versoen”
‘n bouer se woorde, en my hande wil ook bou
ek dink nou baie ernstig oor wat ek laat gaan en wat ek vashou
behou my volk as die enigste wit Afrikastam, in ‘n Groter Plan, ek glo dit vuur en vlam
as jy haat tussen die lyne hoor dan luister jy nie reg nie
dis ‘n stryd vir identiteit, nie ‘n letterlike geveg nie
ek praat van harte wat foute en mislukkings kan insluk
en selfs as die einde bitter lyk, gaan ek omdraai of deurdruk?


11. SLECHTE MENSEN (met Tim Beumers)

hier’s die ding: ek hou van sing, as ek iets anders sê’s ek oneerlik
as my tong en longe nooit kon sing sou ek wees soos ‘n wolk sonder weerlig
vrees niet waar weerklinkt het lied, slechte mensen zingen niet
vrees niet waar weerklinkt het lied, slechte mensen zingen niet

slegte mense sing nie, hulle grom in hulle baarde in
maar goeie mense laat waai met die deuntjie waarom die aarde spin
ek vind waarde in die harmonie van hoe ons almal saam klink
plus ‘n stem wat altyd alleen sing is eintlik nogal gevaarlik
onthou jou openbarings en deel dit met die mense om jou
skryf jou drome neer, dis belangrik om te weet hoe alles ontvou
mens bou tog ‘n legkaart met meer as een stukkie, of hoe?
sonder om nou te diep te raak, weet ek iemand weet hoe ek voel
so sing man! Jy sal sien, jy ken die woorde wel
dis die oudste storie wat ons oor en oor en oor vertel
moenie bang wees vir die wysie nie, al klink dit soos jou kinderdae
toe jy nooit gehuil het oor meisies nie…(die enigste een wat jy geken het is jou ma)
daar’s hy! Jy lyk al klaar ‘n bietjie beter buddy
maak daai glimlag permanent en sing met al die ooms en tannies
ek’s nou nie eers sarkasties nie, jou stem is regtig kosbaar!
vasbyt, deurdruk, altyd perfek, ag nee wat, los maar…

hier’s die ding: ek hou van sing, as ek iets anders sê’s ek oneerlik
as my tong en longe nooit kon sing sou ek wees soos ‘n wolk sonder weerlig
vrees niet waar weerklinkt het lied, slechte mensen zingen niet
vrees niet waar weerklinkt het lied, slechte mensen zingen niet

Tim Beumers:

ik kreeg mijn stembanden om de mensen te zeggen
wat ik voelde van binnen en wat ik wilde vertellen
was dat de kwestie gevoelig ligt als je het niet begrijpt
daarom nam ik de tijd voor wat ik hier nu beschrijf
de teksten klinken de mensen zingen de gekste dingen
ik werk verder mijn pen vertelt je mijn hersenschimmen
en zijn mijn dagen donker dan vraag ik je om een wonder
ik praat met god en begin spontaan op de maat te rocken
want als het goed is bespaar ik je de verdoemenis
als je verlaat wat woede is zie je dat het niet moeilijk is
om los te laten en niet te praten als onderdanen
ons lot is bepaald dus laten we ons geen zorgen maken
want nee ik wil het niet wat me ook maar te binnen schiet
ik zet het recht op papier en nee ik verzin het niet
en voel ik me minder dan zet ik die dingen in een lied
dan voel ik me beter want slechte mensen die zingen niet


12. DIE OOREENKOMS

die belangrike ding is om
nie te veel weg te gee nie,
as jy stil is neem hulle aan
jy verstaan.

speel die kaarte in jou hand
elke besluit is joune
die dreigemente
is toe leeg.

in die verte wag die storm
die waarheid en pyn, dis joune
daar is niks om oor bang te wees
nie.

in lig van die skynaanval
stel ons die volgende voor:
dit is tyd vir ‘n ooreenkoms.

selfs al kon ek diep genoeg grou om te onthou hoe dit begin het
in die diepgevoude woorde op die rante van ‘n servet
dis perfek, ek weet nou in die kalmte van my terugkyk
sou niks kon verander nie, selfs met volle beheer van tyd
staan in solidariteit met die stemme van 5 stede
belewe die volle einde en val slegte mense in die rede
word wakker met ‘n worsteling in die waarskuwings van my pen se taal
terwyl my trots stadig vrot in die sand van die ware verhaal